Koos Kombuis - Ons En Hulle текст песни

Все тексты песен Koos Kombuis

Almal is dronk, almal wonder wat gaan aan
almal is net actors op die lewensbaan
almal skink hulle drankies by dieselfde kraan
maar o die angs en o die waan van ons wat buite staan

Chorus:
ons en hulle, ons en hulle
hulle braai die tjips ons kou die skille
Rusland se missiele, Amerika se pille,
Maties teen die Ikeys, WP teen Bloubulle
maar benewens ons pupille is daar baie meer verskille

tussen ons en hulle

Almal ken die feite maar niemand kan verstaan
almal wil graag kom, maar weet nie waar om te gaan
almal is gepla met die son en die maan
maar o die vrees en o die dieper waan
van ons wat buite in die reen staan

chorus



Thanks to razvan

ДОБАВИТЬ ТЕКСТ В ЛИЧНЫЙ СПИСОК

Комментарии

Имя:
Сообщение: