Piet Botha - Goeienag Generaal текст песни

Все тексты песен Piet Botha

Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reen, al die kinders wat die dominee seen,
Al die jong laaities nou net uit die skool,
Welkom, welkom
Dit was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, maar niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
En almal in uniform, en die kapelaan lees

Maar Whitey, jou oe op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal

Hulle was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn en Alfred Dunhill
En die OK Bazaars
En die hele bloody spul by die SAUK
Julle was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wereld nou erg aan die brand

Maar Whitey, jou oe op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal

Maar Whitey, jou oe op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal, slaap lekker

ДОБАВИТЬ ТЕКСТ В ЛИЧНЫЙ СПИСОК

Комментарии

Имя:
Сообщение:

Слушать песню «Goeienag Generaal»

Смотреть клип «Goeienag Generaal»

Смотреть клип на песню Piet Botha - Goeienag Generaal

Популярные тексты Piet Botha

1 Laat Die Wiele Rol
2 Blues Vir Louise
3 Klein Bietjie Reen